Couverture de Kosreis

Kosreis

Kosreis

De : Francette Bekker
Écouter gratuitement

3 mois pour 0,99 €/mois

Après 3 mois, 9.95 €/mois. Offre soumise à conditions.

À propos de ce contenu audio

Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank, sielskos en goeie gesondheid.


In praktyk geniet Francette dit om op ‘n “gesondheidsreis” te gaan saam met haar pasiënte. Sy werk by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in sentraal Pretoria as deel van die “Obesity Health Centre” span van Dr Thinus Smit. Hierdie mediese span fokus op die behandeling van matige tot erenstige vetsug. Matige vetsug word behandel deur gebruik te maak van leefstylveranderinge en medikasie terwyl metaboliese (bariatriese) chirurgie gebruik word om erenstige vetsug te behandeling sodat gesondheidsprobleme voorkom en behandel kan word. Die fokus van die span is om pasiënte se lewensduur en gesondheidsduur te bevorder.


Francette het ook ‘n groot passie vir vrugbaarheidsvoeding en voeding gedurende swangerskap. Sy het ’n internationale sertifikaat behaal as gesertifiseerde vrugbaarheids- en swangerskapdieetkundige. In haar praktyk stap sy dan ook die gesondheidsreis saam paartjies wat beplan om ‘n gesin te begin en ondersteun vroue gedurende hul swangerskap met die regte voeding vir elke trimester van swangerskap. Die regte voeding in swangerskap help ’n mamma om haar kans tot ‘n gesonde en veilige swangerskap te verbeter en dit speel ‘n ongelooflike groot rol in die toekoms en gesondheid van haar toekomstige babatjie.


Volg Francette se praktyk op Instagram of Facebook by @francettedietitian. Die Kosreis potgooi kan jy volg op Instagram by @Kosreis.



© 2025 Kosreis
Hygiène et vie saine
Les membres Amazon Prime bénéficient automatiquement de 2 livres audio offerts chez Audible.

Vous êtes membre Amazon Prime ?

Bénéficiez automatiquement de 2 livres audio offerts.
Bonne écoute !
    Épisodes
    • Pers strate, groen gewete
      Oct 23 2025

      In hierdie lente-episode van Kosreis staan Francette stil by die prag van die Jakaranda-seisoen en die groter boodskap wat dit bring - om met sorg en respek teenoor Moeder Aarde te leef. Sy gesels oor besoedeling, plastiek en eenvoudige maniere waarop ons elkeen ‘n verskil kan maak in ons kombuise en huise.

      Van die 5 stappe wat ons kan gebruik as 'n padkaart na herwinning (weier, verminder, hergebruik, doelvernuweing en herwin) tot praktiese waterbesparingswenke en komposmaak met kosoorblyfsels. Hierdie episode herinner ons dat gesonde leefstylkeuses nie net ons liggame voed nie, maar ook die aarde genees.

      Temas in hierdie episode:

      • Die simboliek van die Jakaranda en die siklus van nuwe lewe
      • Die impak van plastiek en chemikalieë soos BPA en ftalate
      • Wat jy in jou kombuis kan doen om water- en kosafval te verminder
      • Hoe om ‘n eenvoudige komposhoop te begin
      • Klein daaglikse stappe om meer volhoubaar te leef

      Luister na hierdie episode van Kosreis en herontdek die vreugde van 'n eenvoudige, bewuste leef vir jou, en vir Moeder Aarde.

      Aanbieder: Francette Bekker

      Instagram
      @kosreis

      Instagram & Facebook
      @francettedietitian

      Webtuiste
      www.francettedietitian.com

      E-pos
      chatwith@francettedietitian.com

      Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89


      Afficher plus Afficher moins
      16 min
    • Bloedlemoene - hoe rooier, hoe mooier & gesonder
      Sep 26 2025

      Bloedlemoene is ’n pragtige sitrusvrug wat jy net vir ’n kort tyd op die rakke kry. In hierdie episode van Kosreis deel Francette Bekker waarom hierdie vrugte meer is as net mooi rooierige lemoene:

      • Wat bloedlemoene uniek maak — van hul bessie-agtige sitrussmaak tot hul opvallende kleur.
      • Hoe koue nagte die rooi pigment, anthosianiene, laat ontwikkel.
      • Die gesondheidsvoordele van bloedlemoene se antioksidante en flavonoïede — van hartgesondheid en velgesondheid tot ’n rol in vrugbaarheid, swangerskap en bariatriese voeding.
      • ’n Bietjie Suid-Afrikaanse geskiedenis: hoe die Kaap ’n belangrike stop was om skeurbuik en vitamien C-tekort te voorkom.
      • Praktiese idees oor hoe jy bloedlemoene in jou kombuis kan gebruik.
      • En natuurlik, soos altyd by Kosreis, is daar ook ’n stukkie sielskos – lewenslesse wat ons by die bloedlemoen kan leer.

      Volg @Kosreis op Instagram vir meer stories oor kos, kultuur en gesondheid, en @francettedietitian vir praktiese wenke uit Francette se praktyk.

      Tags: bloedlemoene, sitrus, anthosianiene, antioksidante, gesondheid, Suid-Afrika koskultuur, sielskos

      Aanbieder: Francette Bekker

      Instagram
      @kosreis

      Instagram & Facebook
      @francettedietitian

      Webtuiste
      www.francettedietitian.com

      E-pos
      chatwith@francettedietitian.com

      Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89


      Afficher plus Afficher moins
      12 min
    • Kosreis 2.0 is hier!
      Sep 25 2025

      Welkom terug by Kosreis! Ek is Francette Bekker, dieetkundige in Pretoria. Kosreis was lank stil, maar dis nou tyd vir Kosreis 2.0 – verfris, verbreed en vol nuwe energie. In hierdie episode stel ek die nuwe Kosreis bekend en vertel kortliks van my onverwagse afdraaipaaie en hoekom Kosreis vir 'n ruk moes stilhou langs die pad.

      So wat is op ons nuwe padkaart vir Kosreis? Voorheen het ek kossoorte bespreek, maar nou verbreed ons die grense: ons praat oor gesondheid, kultuur, Suid-Afrika se kosverhale, en ook die dinge wat ons saam doen – soos braai, kamp en kuier. Die doel is om jou siel en gemoed te voed, jou nuuskierigheid te prikkel en jou die kos op jou bord op ’n nuwe manier te laat waardeer.

      Aanbieder: Francette Bekker

      Instagram
      @kosreis

      Instagram & Facebook
      @francettedietitian

      Webtuiste
      www.francettedietitian.com

      E-pos
      chatwith@francettedietitian.com

      Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89


      Afficher plus Afficher moins
      5 min
    Aucun commentaire pour le moment