Drome het ook asem
Impossible d'ajouter des articles
Échec de l’élimination de la liste d'envies.
Impossible de suivre le podcast
Impossible de ne plus suivre le podcast
Bénéficiez gratuitement de Standard pendant 30 jours
Acheter pour 16,34 €
-
Lu par :
-
Roeline Daneel
-
De :
-
Helene de Kock
Om sommer net te wees. En dalk te verlang na 'n ver plek waar sy droom asemhaal.
Duncan Weston, eienaar van die spoglandgoed Soeterwijn in die Boland, voel of hy uit homself kan stap. Heeltemal weg van alles en almal wat hy ken. Ongeag die sukses wat hy as wynmaker en nuutverkose stadsraadslid geniet, voel hy steeds leeg. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie? ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nou nodig het.
In Rome wag doktor Isabel Haasen hom by die lughawe in. Dié opvlieënde blondekop het haar pos as dosent in Engelse letterkunde aan Oxford prysgegee om privaat lesse aan Italianers te gee.
Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets agter daardie stormagtige turkoois oë en klokhelder stem wat sy vir die wêreld wegsteek . . . Iets wat sy al te lank alleen dra.
Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
©2024 Helene de Kock (P)2024 Human & Rousseau