Épisodes

  • S01E12 Die Chimera
    Oct 11 2025
    Die Chimera is dalk ‘n skrikwekkende dierasie met drie verskillende koppe en ‘n lyf wat iets tussen ‘n leeu, vlermuis en slang is, maar dit beteken nie hierdie mitologiese monster is bestand teen alledaagse probleme soos doodgewone gewone hongerte nie.
    Maar wanneer al drie die koppe begin twis, raak ‘n doodgewone takie ‘n enorme uitdaging.
    Maak nie saak hoe sterk jy is nie, sodra onmin sy kop (of koppe) begin uitsteek, raak dinge vinnig baie moeilik. Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    8 min
  • S01E11 Anansi Bring Wysheid Na Wêreld
    Oct 4 2025
    Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
    Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
    Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
    Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
    Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
    En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
    Om slim te wees is een ding...
    Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
    En dit is presies wat met Anansi gebeur. Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    12 min
  • S01E10 Die towenaar se handlanger
    Sep 26 2025
    'n Jong handlanger word deur sy towenaar-leermeester alleen by die huis gelos. Gaan hy homself kan inhou, of gaan dinge dalk lelik skeefloop? Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    13 min
  • S01E09 Die Koning Wat Aan Die Maan Wou Vat
    Sep 19 2025
    'n Koning wat in absoluut alle opsigte die heel beste in die wêreld wil wees, kry 'n plan wat niemand anders nog ooit gehad het nie. En dalk met baie goeie rede. Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    14 min
  • S01E08 Die Goue Kitaar
    Sep 12 2025
    'n Jong man wat meer liefde as talent het wanneer dit by sing kom, kry 'n wonderlike kitaar wat van hom 'n meesterlike musikant maak. Maar dan maak hy een groot fout... Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    13 min
  • S01E07 Die Man Wat Moes Huishou
    Aug 21 2025
    'n Afrikaanse storiepodsending propvol avontuur en verbeelding vir kinders van alle ouderdomme. Almal kan saamluister na fantastiese avonture propvol waardevolle lewenslesse. Ons vertel alles van feeverhale, mites en legendes tot splinternuwe stories.

    Ruil die skerm vir 'n storie uit ons storiesak wat kinders se verbeelding vrye teuels gee.

    Lees ook gerus saam op ons webblad: www.sakvolstories.co.za
    Volg ons op Instagram: www.instagram.com/sakvolstories Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    11 min
  • S01E06 Die Vrou Wat Die Feetjies Geflous het
    Aug 21 2025
    As iemand se liefde vir bak die feetjies honger maak, neem dinge ‘n snaakse wending. Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    9 min
  • S01E05 Die Visserman en die Bottel
    Aug 21 2025
    ‘n Visserman probeer sy lewe uit die see maak, maar op ‘n dag vang hy iets wat veel meer werd is as net ‘n vis. Instagram · Website
    Afficher plus Afficher moins
    11 min