Couverture de 'n Sak Vol Stories

'n Sak Vol Stories

'n Sak Vol Stories

De : 'n Sak Vol Stories
Écouter gratuitement

À propos de ce contenu audio

'n Afrikaanse storiepodsending propvol avontuur en verbeelding vir kinders van alle ouderdomme. Almal kan saamluister na fantastiese avonture propvol waardevolle lewenslesse. Ons vertel alles van feeverhale, mites en legendes tot splinternuwe stories. Ruil die skerm vir 'n storie uit ons storiesak wat kinders se verbeelding vrye teuels gee. Lees ook gerus saam op ons webblad: www.sakvolstories.co.za Volg ons op Instagram: www.instagram.com/sakvolstories'n Sak Vol Stories
Les membres Amazon Prime bénéficient automatiquement de 2 livres audio offerts chez Audible.

Vous êtes membre Amazon Prime ?

Bénéficiez automatiquement de 2 livres audio offerts.
Bonne écoute !
    Épisodes
    • S01E11 Anansi Bring Wysheid Na Wêreld
      Oct 4 2025
      Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
      Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
      Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
      Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
      Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
      En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
      Om slim te wees is een ding...
      Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
      En dit is presies wat met Anansi gebeur. Instagram · Website
      Afficher plus Afficher moins
      12 min
    • S01E10 Die towenaar se handlanger
      Sep 26 2025
      'n Jong handlanger word deur sy towenaar-leermeester alleen by die huis gelos. Gaan hy homself kan inhou, of gaan dinge dalk lelik skeefloop? Instagram · Website
      Afficher plus Afficher moins
      13 min
    • S01E09 Die Koning Wat Aan Die Maan Wou Vat
      Sep 19 2025
      'n Koning wat in absoluut alle opsigte die heel beste in die wêreld wil wees, kry 'n plan wat niemand anders nog ooit gehad het nie. En dalk met baie goeie rede. Instagram · Website
      Afficher plus Afficher moins
      14 min
    Aucun commentaire pour le moment