Épisodes

  • Jefta
    Jun 14 2026

    Rigters 11 beskryf vir Jefta as 'n seun van 'n prostituut, 'n verworpene, later 'n rigter en 'n kryger. Maar dan is daar ook sy belofte aan die Here en die tragiese gebeurtenis wat plaasvind. Maar die vraag is, wat het Jefta met sy dogter gedoen?

    Afficher plus Afficher moins
    26 min
  • Die Teken van Jona
    Jun 7 2026

    Is Jesus op 'n Woensdag of Vrydag gekruisig? Hoe moet die Teken van Jona verstaan word

    Afficher plus Afficher moins
    28 min
  • Lasarus en die Ryk Man Deel 2
    29 min
  • Lazurus en die Ryk Man
    May 24 2026

    ’n Diepgaande Bybelstudie oor die bekende gelykenis van Lazarus en die ryk man.
    Ontdek wat Jesus werklik wou leer oor genade, verantwoordelikheid, die ewige lewe en die belangrikheid daarvan om vandag na God se stem te luister.

    Afficher plus Afficher moins
    30 min
  • Salf met Olie
    May 10 2026

    In hierdie insiggewende program word daar gekyk na die Bybelse betekenis van salwing met olie.
    Wanneer behoort iemand met olie gesalf te word, wat sê die Skrif daaroor, en hoe word hierdie praktyk vandag op ’n Bybelse wyse toegepas? Ontdek die geestelike betekenis van gebed, geloof en God se genesende en toewydende aanraking.

    Afficher plus Afficher moins
    28 min
  • Die Slang in die Woestyn
    Apr 26 2026

    In hierdie program ontdek ons die diep simboliek van die slang in die woestyn en Jesus se verwysing daarna in Johannes 3. Wat het die koperslang op die paal beteken, waarom het Jesus hierdie gebeurtenis gebruik om Sy sending te verduidelik, en wat leer dit ons oor sonde, geloof en verlossing deur Christus?

    Afficher plus Afficher moins
    24 min
  • Die Geheime Wegraping
    Apr 19 2026

    In hierdie program ondersoek ons die gewilde leerstelling van die “Geheime Wegraping” in die lig van die Bybel.
    Is hierdie teologie werklik Skrifgetrou, of kan dit mense mislei oor Jesus se wederkoms? Ontdek wat die Bybel sê oor die wederkoms van Christus, die opstanding en hoe ons voorbereid kan wees vir Sy sigbare en heerlike koms.

    Afficher plus Afficher moins
    30 min
  • Migael, die Aartsengel
    Apr 12 2026

    In hierdie program ondersoek ons die identiteit van Migael soos beskryf in die boeke van Daniël en Openbaring.
    Wie is hierdie magtige Persoon wat betrokke is in die groot stryd tussen goed en kwaad, en waarom speel Hy so ’n belangrike rol in Bybelprofesie? Ontdek wat die Skrif openbaar oor Migael en Sy verhouding tot God se volk en die eindtyd.

    Afficher plus Afficher moins
    26 min