Épisodes

  • The Stone that Moved - Opstanding Sondag - 20 April 2025
    Apr 20 2025

    Die kruisiging het gebeur, Jesus is in die graf en die vroue stap vroeg op Sondagoggend na die graf om Jesus se liggaam verder voor te berei met speserye. Almal is hartseer. In een week verander alles. Net ‘n week terug het hulle almal uitgeroep Hosanna, Prys die Here. Net ‘n week terug was hulle Koning oppad Jerusalem toe. Net ‘n week gelede was hulle vol hoop en opgewondenheid. Vandag sit hulle almal agter geslote deure, gevul met vrees en in ongeloof.


    Terwyl die vroue na die graf stap vra hulle die vraag, “Wie gaan vir ons die klip weg rol?”

    Afficher plus Afficher moins
    49 min
  • Pulling away the Curtain - Goeie Vrydag 2025
    Apr 18 2025

    Daar was een Gordyn wat beperkings gebring het tussen mens en God. Dit was ‘n skeiding vir meeste mense en kon net die Hoë Priester, een keer ‘n jaar agter daardie gordyn gaan.

    Afficher plus Afficher moins
    1 h et 6 min
  • Are you missing Jesus
    Apr 13 2025

    Jesus is die Koning, maar nie soos Israel van daardie tyd gedink het nie. Hulle het 'n Koning verwag wat oorlog sal maak teen die Romeine. Maar Jesus het as 'n Redder Koning gekom om die mens te red van geestelike dood. Jesus RED. Ons skree Hosanna!!!! Prays die Here!!! Moenie Jesus in jou lewe mis nie.

    Afficher plus Afficher moins
    1 h et 2 min
  • Impak van Gebed
    Apr 6 2025

    Ons almal het al gebid. Op een of ander manier het ons in 'n gesprek met God gegaan. Gebed, of dit nou vol krag en vuur is en of dit in eenvoud is, Gebed het 'n impak op die lewe om ons. Daarom sal ons gereeld hoor, 'n lewe sonder gebed is 'n kragtelose lewe. Jou lewe gaan meer van God beleef, wanneer jou lewe gevul is met 'n gebedslewe.

    Afficher plus Afficher moins
    59 min
  • Dress for Success - A Life led by Prayer - Jurie Rheeder
    Mar 30 2025

    Gebed is deel van die wapenrusting van God. 'n Lewe wat gelei word deur gebed is 'n lewe wat weet wie hy aanbid. In hierdie boodskap praat Jurie met ons oor hoe groot God is en dat ek en jy waardig is om met God te kan praat.

    Begin vandag werk aan jou gebedslewe. Dan sal jy staande bly teen die aanvalle van die vyand.

    Afficher plus Afficher moins
    1 h et 7 min
  • Dress for Success - THE WORD
    Mar 23 2025

    Wanneer ons verstaan dat die Woord van God 'n swaard in ons hand is wat ons kan gebruik teen die vyand se aanvalle, sal ons meer en meer in oorwinning staan.

    Afficher plus Afficher moins
    1 h et 8 min
  • Dress for Success - SALVATION
    Mar 16 2025

    Ons almal het 'n redder nodig. Ons sien dit gereeld op TV programme en flieks hoe daar 'n redder is. Maar daar is 'n ewigheid wat vir ons voorlê en daar is net een wat ons kan red van die ewige dood en vir ons die ewige lewe kan gee. JESUS CHRISTUS.

    Ons kan die geskenk onvang deur geloof want dit is deur God se genade dat Jesus vir ons 'n offer geword het.


    Het jy al tot wedergeboorte gekom?


    As jy graag meer wil weet hoe jy Jesus as jou redder kan aanneem, besoek gerus ons webtuiste.

    https://ligenlewe.com/salvation/

    Afficher plus Afficher moins
    37 min
  • Dress for Success - FAITH - 9 Maart 2025
    Mar 9 2025

    Sonder Geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Die Engels sê dit so mooi... To please God. Ons het Geloof nodig en deur geloof kan ons God verheerlik. Deur geloof is ons gehooraam.

    Afficher plus Afficher moins
    53 min